Matthew 25:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die wyses antwoord en sê: Nie so nie; dat daar nie genoeg vir ons en vir julle is nie; maar gaan liewer na die wat verkoop, en koop vir julleself.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die verstandiges het geantwoord: ‘Nee, ons kan nie. Daar is nie genoeg vir ons almal nie. Gaan koop liewer vir julle by die winkel.’
Afrikaans 1933/1953 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
Afrikaans 1983 Maar die verstandiges antwoord: ‘Nee, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer winkel toe en koop vir julle olie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verstandiges het egter geantwoord, ‘Dalk sal daar nie genoeg wees vir ons én vir julle nie. Gaan eerder na die verkopers en koop julle eie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die verstandige meisies het vir die dwase meisies gesê: ‘As ons vir julle van ons olyf-olie gee, dan sal daar nie genoeg olyf-olie wees vir ons en ook vir julle nie. Julle moet winkel toe gaan en julle moet julle eie olyf-olie gaan koop.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die slimmes sê: ‘Ons is vreeslik jammer, maar ons kan nie vir julle van ons olie gee nie. Daar is te min vir ons almal. Gaan koop gou vir julle.’ Die vyf is toe daar weg, maar helaas, die bruidegom was vinniger as hulle.