Matthew 25:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Hy ook vir hulle aan die linkerkant sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, want God het julle vervloek! Gaan na die ewige vuur wat gereed gemaak is vir die duiwel en sy bose engele! |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Hy ook vir die aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. |
| Afrikaans 1983 | “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dan sal Hy vir dié aan sy linkerhand sê, ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur, wat gereedgemaak is vir die Duiwel en sy engele. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die Koning vir die mense links langs Hom sê: ‘Gaan weg van My! God het julle vervloek. Julle moet na die vuur gaan wat altyd brand, die vuur wat Hy gereedgemaak het vir die duiwel en sy engele. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Koning sal dan na die groep aan sy linkerkant draai. ‘Trap! Weg voor My! God wil niks met julle te doen hê nie! Die hel wag vir julle. God het dit spesiaal reggemaak vir die duiwel en al sy helpers. Wil julle weet waarom? |