Matthew 25:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op die troon van sy heerlikheid sit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer die Seun van die Mens in sy heerlikheid kom en al sy engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
Afrikaans 1983 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer die •Seun van die Mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy glansryke troon gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesê: “Wanneer Ek, die Seun van die mens, die Koning, saam met al my engele kom, dan sal Ek op my troon sit en Koning wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer die Seun van God kom, sal almal sien hoe belangrik Hy is. Al sy engele sal saam met Hom kom. Hy sal op die troon gaan sit waar net die belangrikste Een, die Koning self, mag sit.