Matthew 25:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U moes dus my geld by die wisselaars gesit het, en dan sou ek my geld met woeker ontvang het by my koms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moes jy mos my geld in die bank belê het en ek sou by my terugkoms ten minste my geld met rente kon terugkry.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. |
| Afrikaans 1983 | Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom moes jy my geld by die bankiers belê het, en met my terugkeer sou ek wat myne is, met rente teruggekry het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moes jy my geld in die bank gesit het. Dan kon ek my geld en die rente gekry het toe ek teruggekom het.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kon jy nie my geld in ’n bank gesit het nie? Dan kon ek ten minste rente op die geld gekry het. |