Matthew 25:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy heer het geantwoord en vir hom gesê: Jou slegte en trae dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en insamel waar ek nie gestrooi het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar sy eienaar het hom geantwoord: ‘Jou slegte slaaf! Jou lamsak! So, jy het geweet dat ek ’n veeleisende mens is wat wil oes waar ek nie self gesaai het nie en wil insamel waar ek niks ingesit het nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sy eienaar antwoord hom, ‘Jou slegte en lui slaaf! Jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie en oes waar ek nie saad uitgestrooi het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en lui slaaf. Jy het geweet ek sny koring af wat ek nie gesaai het nie en ek maak bymekaar waar ek nie geplant het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ryk man antwoord toe: ‘Jy is nou regtig ’n hopelose werker, ’n nikswerd! Jy weet ek is streng en verwag net die beste van julle. |