Matthew 25:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom hy wat die een talent ontvang het en sê: Here, ek het U geken dat jy 'n harde man is wat maai waar jy nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar jy nie gestrooi het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarna verskyn die een wat die een goue muntstuk ontvang het ook voor hom en sê: ‘Meneer, ek het besef dat u ’n veeleisende persoon is wat wil oes waar u nie self gesaai het nie en wil insamel waar u niks ingesit het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie; |
| Afrikaans 1983 | “Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u 'n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man wat die een talent ontvang het, het ook gekom en gesê, ‘Meneer, ek ken u – u is 'n hardvogtige man wat maai waar u nie gesaai het nie en wat oes waar u nie saad uitgestrooi het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf wat een talent gekry het, kom toe en sê: ‘Meneer, ek weet jy is 'n kwaai man. Jy wil koring afsny wat jy nie gesaai het nie en jy wil koring bymekaarmaak waar jy nie geplant het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarna is dit die man met die een bondel se beurt. ‘Meneer,’ begin hy, ‘ek ken u goed. Ek weet u is baie streng en hou nie van foute nie. U verwag baie van ons en wil altyd net ons beste hê. |