Matthew 25:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat twee talente ontvang het, het ook gekom en gesê: Here, twee talente het U aan my gegee; kyk, ek het nog twee talente by hulle gekry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die een wat die twee goue muntstukke ontvang het, verskyn toe ook voor hom en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my gegee. Kyk, ek het die bedrag verdubbel!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien. |
| Afrikaans 1983 | “Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man met die twee talent het gekom en gesê, ‘Meneer, twee talent het u vir my gegee, en kyk, ek het 'n wins van nog twee talent gemaak.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf wat twee talente gekry het, kom toe en sê: ‘Meneer, jy het vir my twee talente gegee. Hier is nou nog twee talente wat ek bygekry het.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe is dit die man wat twee bondels gekry het se beurt. Trots sit hy sy vier bondels voor die ryk man neer. ‘Meneer,’ sê hy, ‘hier is die twee bondels wat u my gegee het en hier is nog twee wat ek verdien het.’ |