Matthew 25:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Na 'n lang tyd kom die heer van daardie diensknegte en maak met hulle afreken.
Afrikaans (NLV) 2011 “Na ’n lang tyd het daardie slawe se eienaar van sy reis teruggekeer en hulle gevra om te rapporteer wat hulle met sy geld gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En n'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
Afrikaans 1983 “Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná 'n lang tyd kom die eienaar van daardie slawe terug en eis rekenskap van hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ná 'n lang tyd het die eienaar van die slawe teruggekom en gevra wat hulle met die geld gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Intussen het die dae verbygegaan en maande geword. Uiteindelik, na ’n lang tyd, kom die ryk man weer daar aan. Hy roep toe die werkers en wou weet wat elkeen met sy geld gedoen het.