Matthew 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat een ontvang het, het gegaan en in die grond gegrawe en die geld van sy heer weggesteek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die een wat net een goue muntstuk ontvang het, het ’n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek. |
| Afrikaans 1983 | Maar die slaaf wat een gekry het, het 'n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die man wat een ontvang het, het 'n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld weggesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die slaaf wat een talent gekry het, het 'n gat in die grond gegrawe en hy het sy eienaar se geld daarin weggesteek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar met die derde een het dit nie so goed gegaan nie. Hy het ook aan die werk gespring, maar nie soos die ander nie. Hy het ’n gat gaan grawe. Daar het hy die bondel geld wat hy gekry het mooi gaan wegsteek. |