Matthew 25:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy wat die vyf talente ontvang het, gegaan en daarmee handel gedryf en vir hulle vyf ander talente gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die een wat die vyf goue muntstukke ontvang het, daarmee aan die werk gespring en dit spoedig verdubbel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. |
| Afrikaans 1983 | “Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en 'n wins gemaak van nog vyf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het die man wat die vyf talent ontvang het, daarmee gaan woeker en 'n wins van nog vyf gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slaaf wat vyf talente gekry het, het dadelik gegaan en hy het daarmee baie dinge gaan koop en verkoop en hy het nog vyf ander talente bygekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dadelik, sonder om op hom te laat wag, het die een met sy vyf bondels geld daarmee aan die werk gespring. Die geld het geleidelik vermeerder en tien bondels geld geword. |