Matthew 25:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle gaan koop het, het die bruidegom gekom; en die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Terwyl die onverstandiges weg was om olie te gaan koop, het die bruidegom opgedaag. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilofsfees en die deur van die feesvertrek is gesluit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. |
| Afrikaans 1983 | “Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle die olie gaan koop het, het die bruidegom opgedaag, en dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die •bruilofsfees, en die deur is gesluit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Terwyl die dwase meisies olyf-olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Die vyf verstandige meisies wat gereed was, het saam met hom ingegaan in die huis waar die fees-ete was, en mense het die deur toegesluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl hulle weg was, kom hy toe daar aan. Almal wat met hulle lampe gereed gestaan het, het hom vriendelik verwelkom. Die deur is toegemaak en die onthaal het begin. |