Matthew 24:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en sal hom uitsny en hom sy deel aan die geveinsdes bepaal; daar sal geween wees en gekners van die tande.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal hy hom ’n wrede dood laat sterf en hom laat deel in die lot van alle skynheiliges. Hulle sal bitterlik huil en van selfverwyt op hulle tande kners.”
Afrikaans 1933/1953 en sal hom pynig en hom 'n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Afrikaans 1983 Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak en hom die lot van huigelaars laat deel. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal hom middeldeur laat kap en hom laat deel in die lot van die skynheiliges. Daar sal 'n geween wees en 'n gekners van tande. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die eienaar daardie slegte slaaf baie swaar straf, hy sal hom straf soos God mense straf wat skynheilig is. Die slegte slaaf sal saam met hulle huil en hard op sy tande byt van die pyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan gaan die poppe behoorlik dans. Daardie werker gaan alles verloor wat hy gehad het. Wanneer die Here weer kom en Hy kry mense so onvoorbereid soos daardie hopelose werker, is daar vir hulle geen hoop meer oor nie. Die hel is hulle voorland. Daar sal hulle krul van die pyn en skreeu van smart.”