Matthew 24:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer stel sy koms uit; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as die slaaf sleg is en by homself redeneer: ‘Dis nog lank voordat my huisheer kom,’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom -- |
| Afrikaans 1983 | “Maar as dit 'n slegte slaaf is, sal hy by homself dink: my eienaar bly lank weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die slegte slaaf egter in sy hart sê, ‘My heer talm,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar 'n slegte slaaf sal miskien dink sy eienaar bly baie lank weg en sal miskien nie weer terugkom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Werker wat egter nooit gaan vorder nie, is die hopelose een wat net die hele tyd die voorman dophou. As die voorman wegkyk, hou hy op werk. As die voorman lank weggaan, maak hy nog meer droog, |