Matthew 24:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge vervul is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek verseker julle, die mense wat vandag leef, sal nog nie uitgesterf het wanneer al hierdie dinge gebeur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •Amen, Ek sê vir julle: Hierdie geslag sal beslis nie tot 'n einde kom voordat al hierdie dinge gebeur het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat nou lewe, sal nog lewe wanneer al hierdie dinge gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Luister mooi. Wat Ek hier sê, is vir julle bedoel. In julle leeftyd sal hierdie dinge al begin gebeur. Moenie dink dit is blote praatjies nie. |