Matthew 24:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Onmiddellik na die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy lig nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Onmiddellik na hierdie tyd van swaarkry ‘sal die son donker word, en die maan nie meer lig gee nie. Die sterre sal van die hemel val en die kragte wat die hemelruim saambind, sal geskud word.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En dadelik ndie verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. |
| Afrikaans 1983 | “Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Onmiddellik ná die verdrukking van daardie dae “ ‘sal die son verduister word, en die maan sal sy lig nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het gesê: “En nadat mense die gelowiges verdruk het, sal dit nie lank wees nie, “ dan sal die son donker word en die maan sal nie skyn nie. Die sterre sal uit die lug val en alles in die lug sal skud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daardie swaarkry sal skaars verby wees of die son sal skielik dowwer word, en die maan sal glad nie meer opkom nie. Die sterre sal uit die hemel val en die natuurwette wat die skepping beheer, sal hulle krag verloor. |