Matthew 24:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos die weerlig uit die ooste uitgaan en tot in die weste skyn; so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Want soos die weerlig in die ooste uitslaan en sy lig tot in die weste laat skyn, so sal dit ook wees wanneer Ek, die Seun van die Mens, kom.
Afrikaans 1933/1953 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Afrikaans 1983 Die koms van die Seun van die mens sal wees soos 'n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lugruim tot in die weste verlig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want net soos die weerlig uitslaan in die ooste en skyn tot in die weste, so sal die koms van die •Seun van die Mens wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek, die Seun van die mens, kom, dan sal dit wees soos wanneer die weerlig van die ooste tot in die weste skyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Seun van God sal nie skelm of in die geheim kom en iewers wegkruip sodat mense Hom moet gaan soek nie. Wees verseker: wanneer Hy kom, sal almal, en Ek bedoel almal, dit weet. Julle het mos al gesien hoe die weerlig in die nag ver op die horison slaan en ’n mens dan alles vir daardie oomblik helder kan sien. So helder en duidelik sal almal die Seun ook sien wanneer Hy kom. Moenie julle laat kul deur die baie mense wat agter hierdie bedrieërs aanloop nie. Waar baie mense saamdrom, kry jy nie noodwendig die waarheid nie.