Matthew 24:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as daardie dae nie verkort word nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
Afrikaans (NLV) 2011 Om die waarheid te sê, as God nie ingryp en daardie tyd van swaarkry verkort nie, sal niemand dit oorleef nie. Maar ter wille van sy uitverkore mense sal dit wel verkort word.”
Afrikaans 1933/1953 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
Afrikaans 1983 En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daardie dae nie ingekort word nie, sou geen mens gered word nie. Maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae ingekort word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd sal die mense swaarkry, maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak. As Hy dit nie besluit het nie, dan sal niemand in daardie tyd aanhou lewe nie. Maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak om die mense te help wat Hy gekies het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as hulle kan uithou tot die einde, sal dit net-net wees. Gelukkig sal God die einde op die regte tyd laat kom, anders sal niemand dit haal nie.