Matthew 24:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want dan sal groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie was en ook nooit sal wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal ’n tyd van groot verdrukking wees, erger as enigiets wat die wêreld ooit tevore beleef het of hierna sal beleef.
Afrikaans 1933/1953 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
Afrikaans 1983 want in daardie tyd sal daar so 'n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want dan sal daar groot verdrukking wees, soos daar sedert die begin van die wêreld tot nou toe nog nie was nie, en beslis ook nie weer sal wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd sal mense baie swaar kry. Tot vandag toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle wêreld gaan heeltemal deurmekaargekrap word. Mense sal swaarkry soos nog nooit tevore nie.