Matthew 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom; laat hy wat lees, verstaan! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die tyd kom wanneer julle die afskuwelike voorwerp wat verontheiliging veroorsaak en waarvan die profeet Daniël gepraat het, in die tempel sal sien staan” — my leser, gee nou spesiale aandag! — |
| Afrikaans 1933/1953 | Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom -- laat hy wat lees, oplet -- |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan — wie dit lees, moet dit goed begryp — |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, wanneer julle die gruwel van verwoesting waarvan die profeet Daniël praat, op die heilige plek sien staan – laat dié wat dit lees, goed begryp – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het gesê: “Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Dit sal staan in die gewyde plek. Die profeet Daniël het daaroor geskryf. Almal wat hierdie woorde lees, moet goed dink wat dit beteken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As julle in die tempel daardie veragtelike ‘ding’ sien staan wat alles net wil vernietig, moet julle vinnig padgee. Die ‘ding’ is so veragtelik dat Ek nie eens sy naam wil noem nie. Die profeet Daniël het oor hierdie ‘ding’ geskryf. As julle lees wat hy geskryf het, sal julle verstaan wat Ek bedoel. |