Matthew 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie Goeie Nuus van God se koningsheerskappy sal eers in die hele wêreld, aan al die nasies, verkondig word voordat die einde kom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. |
| Afrikaans 1983 | En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie evangelie van die koninkryk sal oor die hele wêreld verkondig word as getuienis vir al die nasies. En dan sal die einde kom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die hele wêreld sal mense hierdie goeie boodskap bring, die boodskap dat God Koning is. Al die volke sal dit kan hoor. Daarna sal die einde van die wêreld kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goeie nuus van God moet en sal uitkom vir almal om te hoor. Oor die hele wêreld sal dit weergalm. Dit sal by elke nasie uitkom. “Dan sal die einde van hierdie wêreld kom. Dit sal natuurlik ’n nuwe begin vir elke gelowige beteken.” |