Matthew 24:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dan sal baie aanstoot neem en mekaar verraai en mekaar haat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “In daardie tyd sal baie mense hulle geloof afsweer en mekaar uitlewer en haat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. |
| Afrikaans 1983 | In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal baie tot 'n val kom, mekaar oorlewer en mekaar haat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal baie mense ophou om in My te glo. Hulle sal mekaar verraai en hulle sal mekaar vir die vyand gee. Hulle sal mekaar haat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal ook al hoe meer uit die mode raak om kerk toe te gaan en ’n Christen te wees. Wat egter hoog in die mode sal wees, is om mekaar om elke hoek en draai te bedrieg en niks vir mekaar oor te hê nie. |