Matthew 24:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het uitgegaan en van die tempel af weggegaan, en sy dissipels het na Hom gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Jesus besig was om die tempelterrein te verlaat, het sy dissipels nadergestaan om vir Hom die verskillende tempelgeboue uit te wys.
Afrikaans 1933/1953 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.
Afrikaans 1983 Toe Jesus van die tempel af weggaan, het sy dissipels nader gekom en sy aandag op die tempelgeboue gevestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het uitgegaan en was besig om van die tempelterrein weg te beweeg. Sy dissipels het nader gekom om sy aandag op die tempelgeboue te vestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus uit die tempel kom en wegstap, het sy dissipels na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom die geboue van die tempel gewys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna is Jesus-hulle daar weg. Terwyl hulle so by die tempel verbystap, praat sy dissipels oor hoe mooi en massief die gebou is.