Matthew 23:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En noem niemand julle vader op die aarde nie, want een is julle Vader wat in die hemel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En moenie enige geestelike leier hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want julle het net een Vader: julle Vader wat in die hemel is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. |
| Afrikaans 1983 | Moet niemand hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En moet niemand op aarde as julle ‘vader’ aanspreek nie; want julle het net een Vader, Hy wat in die hemel is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie hier op die aarde vir iemand ‘ Vader’ noem nie, want daar is net een Persoon wat julle Vader is, en dit is julle Vader in die hemel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom moet julle selfs hier op aarde julle hemelse Vader se gesag bo alles erken, selfs bo die gesag van julle aardse pa. |