Matthew 23:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar julle moet nie Rabbi genoem word nie, want een is julle Meester, naamlik Christus; en julle is almal broers.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar julle moet julleself nooit as ‘rabbi’ laat aanspreek nie, want julle het net een Leermeester en julle is almal broers en susters.
Afrikaans 1933/1953 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
Afrikaans 1983 “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar julle, julle moet julle nie as ‘rabbi’ laat aanspreek nie; want net Een is julle Leermeester, en julle is almal broers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar julle moenie dat mense vir julle ‘Rabbi’ sê nie, want daar is net een Persoon wat vir julle leer, en julle is almal mekaar se broers.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wees gewaarsku, julle almal wat My volg! Moenie toelaat dat mense dit aan julle doen nie. Moenie dat hulle julle so op ’n verhogie sit met ’n gedominee hier of ’n gepastoor daar nie. Onthou, julle is net belangrik omdat Jesus by wie julle alles gehoor het, belangrik is. Laat al die lof en eer maar na Hom toe gaan. Vir julle moet dit genoeg wees om mekaar se broers en susters genoem te word. Christene is mos deel van God se familie.