Matthew 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En groete op die markte, en om deur die mense geroep te word: Rabbi, Rabbi.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle geniet dit om spesiaal op straat gegroet te word en om deur die mense as ‘rabbi’ aangespreek te word.
Afrikaans 1933/1953 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!
Afrikaans 1983 en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) om op die markpleine begroet en om deur die mense as ‘rabbi’ aangespreek te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle wil hê die ander mense moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom, en hulle hou daarvan dat die mense vir hulle ‘ Rabbi’ sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dit is vir hulle tog te lekker om in die winkels eerbiedig deur die mense gegroet te word met: ‘Goeiemôre, liewe Dominee,’ of watter titel hulle ook al belangrik laat voel.”