Matthew 23:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar al hulle werke doen hulle om deur die mense gesien te word: hulle maak hul gedenktekens breed en vergroot die rande van hul klere,
Afrikaans (NLV) 2011 “Alles wat hulle doen, is vir die uiterlike vertoon. Daarvoor dra hulle op hulle arms en voorkoppe ekstra groot gebedsdosies met Skrifverse daarin en hulle maak die tossels aan hulle klere opvallend groot.
Afrikaans 1933/1953 En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
Afrikaans 1983 Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al hulle dade is bedoel om deur die mense gesien te word. Hulle maak immers hulle gebedsrieme breër en die tossels langer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle doen alles sodat die mense hulle moet sien. Hulle maak die gebedsdosies baie groot, en die tossels aan hulle klere baie lank.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al wat vir hulle tel, is wat mense van hulle dink. Dit maak nie saak wat God van hulle dink nie, net solank die mense vir hulle hande klap. Hulle koop die grootste Bybels, bid die langste en sing die hardste in die kerk. Hulle probeer ook so vroom lyk dat ’n mens hulle dadelik tussen duisend ander mense sal uitken.