Matthew 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle bind swaar en swaar laste om te dra, en lê dit op die skouers van mense; maar hulle self sal hulle nie met een van hulle vingers beweeg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle oorlaai die mense met absoluut onmoontlike godsdienstige verpligtings, maar verroer nie ’n vinger om dit self uit te voer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie 'n vinger verroer om dit te dra nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle bind swaar vragte saam, ja, moeilik om te dra, en lê dit op die mense se skouers, maar self is hulle nie bereid om met 'n vinger aan die vrag te raak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle wil hê mense moet dinge doen wat die wette sê, maar hulle laat die mense swaarkry, soos wanneer die mense goed op hulle skouers moet dra wat te swaar is vir hulle. Maar die skrifgeleerdes en die Fariseërs wil self niks doen om die mense te help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hulle skryf boeke vol streng godsdienstige reëls en stop dit dan in julle hande met die woorde: Doen dit! In hulle eie lewe doen hulle egter nie eens wat op die eerste bladsy staan nie. |