Matthew 23:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sê vir julle, julle sal My van nou af nie sien nie, totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verseker julle, julle sal My van nou af nooit weer sien nie tot op die dag wanneer julle sal sê: ‘Geseënd is die Een wat kom in die Naam van die Here!’”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Afrikaans 1983 Maar Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek sê vir julle, van nou af sal julle My beslis nie weer sien nie, totdat julle sal sê, ‘Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af nie weer sien nie tot daardie dag wanneer julle sal sê: ‘ Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat kan Ek nog sê? Ek het niks meer om vir julle te sê nie. Ons paaie sal nie weer op hierdie manier kruis nie, in elk geval nie voor die dag waarop julle sal erken en sal moet uitroep nie: ‘God is baie goed vir Hom wat op die gesag van die Here kom.’”