Matthew 23:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat al die regverdige bloed wat op die aarde vergiet is, oor julle kan kom, van die bloed van die regverdige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Barágja, wat julle tussen die tempel en die altaar doodgemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 “So sal julle skuldig word aan die moord op al die vromes, van die regverdige Abel af tot by Sagaria, die seun van Berekja, wat julle by die tempel, tussen die heiligdom en die altaar vermoor het.
Afrikaans 1933/1953 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagar¡a, die seun van Ber,gja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
Afrikaans 1983 So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sal alle regverdige bloed wat op aarde vergiet is, vir julle toegereken word, van die bloed van Abel, die regverdige, tot by die bloed van Sagaria, die seun van Beregja, wat julle tussen die heiligdom en die altaar vermoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur hulle sodat God vir julle kan straf omdat julle baie onskuldige mense op die aarde vermoor het. Julle het begin by die onskuldige Abel, julle het hom vermoor en julle het aangehou om onskuldige mense te vermoor totdat julle ook vir Sagaria seun van Berekja vermoor het. Julle het hom vermoor tussen die tempel en die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar julle skuld hoop op. Glo My, God sal julle aankla vir elke druppel bloed van elke goeie mens wat op die grond geval het. Hy gaan julle by Abel begin aankla. Abel was mos ’n goeie mens, maar hy is doodgemaak. Een vir een sal julle na God se aanklagte moet luister tot by Sagaria, Berekja se seun. Julle het hom mos in die middel van die tempel reg voor God se oë doodgemaak.