Matthew 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles dan wat hulle jou beveel om te onderhou, dit onderhou en doen; maar julle moet nie na hulle werke doen nie, want hulle sê en doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doen en gehoorsaam dus alles wat hulle julle beveel, maar hulle voorbeeld moet julle nie volg nie. Hulle preek, maar leef nie self daarvolgens nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Doen en onderhou dan alles wat hulle vir julle sê. Maar moenie doen wat hulle doen nie, want hulle praat net en doen nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet gehoorsaam wees. Maar julle moenie doen wat hulle doen nie, want hulle sê wat julle moet doen, maar hulle doen dit nie self nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle kan gerus maar luister na wat hulle oor die wet van Moses sê en dan ook so leef. Maar oppas! Moet net nie doen wat hulle doen nie. Wat hulle sê en wat hulle doen, is twee verskillende dinge. Hulle woorde en hulle dade verskil soos dag en nag. |