Matthew 23:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle blinde leiers, julle wat 'n muggie uitsif en 'n kameel insluk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Blinde gidse! Julle sif die muggie uit julle drinkwater, maar die kameel sluk julle sonder meer af! |
| Afrikaans 1933/1953 | Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! |
| Afrikaans 1983 | Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Blinde leiers! Julle sif die muggie uit, maar sluk die kameel in. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle is blindes wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Julle is soos mense wat water deur 'n doek gooi sodat hulle nie 'n klein muggie sal insluk nie, maar hulle sluk 'n kameel in. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar nou het julle van die godsdiens iets gemaak wat dit nie is nie. Julle het alles deurmekaargekrap. Wat belangrik is, het julle onbelangrik gemaak, en wat onbelangrik is, het julle belangrik gemaak. Julle is regtig soos mense wat vreeslik oor ’n sent baklei, maar julle nie aan 100 rand steur nie. |