Matthew 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie dan by die altaar sweer, sweer daarby en by alles daarop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy by die altaar sweer, sweer jy tog nie net daarby nie, maar ook by alles wat daarop is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie dan sweer by die altaar, sweer drby en by alles wat daarop is; |
| Afrikaans 1983 | Wie by die altaar 'n eed aflê, lê 'n eed af by die altaar en by alles wat daarop is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie dan sweer by die altaar, sweer daarby en by alles daarop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat iets belowe en sê die altaar is sy getuie, belowe dit en sê die altaar en alles daarop is sy getuie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle sê ook: ‘As iemand plegtig belowe dat hy iets sal doen, hoef hy nie sy woord te hou nie. As hy egter dieselfde ding beloof, maar dit op ’n stuk papier ook skryf, mag hy nie sy woord breek nie.’ Kry julle nie skaam nie? Wat dink julle is die belangrikste: Julle woorde of die stuk papier? |