Matthew 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En: Elkeen wat by die altaar sweer, dit is niks; maar elkeen wat sweer by die gawe wat daarop is, hy is skuldig.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder sê julle: ‘As iemand by die altaar sweer, het dit geen bindende krag nie, maar as hy by die offer bo-op die altaar sweer, is dit bindend.’
Afrikaans 1933/1953 En: Elkeen wat sweer by die altaar -- dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
Afrikaans 1983 Julle sê ook: ‘As iemand by die altaar 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die offergawe bo-op die altaar 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder sê julle, ‘Wie by die altaar sweer – dit beteken niks nie; maar wie sweer by die offergawe daarop, is gebonde.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle sê: ‘As iemand iets belowe en hy sê die altaar is die getuie, dan maak dit nie saak as hy nie doen wat hy belowe het nie. Maar as iemand iets belowe en hy sê die offer aan God op die altaar is die getuie, dan moet hy doen wat hy belowe het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar beloof hulle iets met hulle hand op die Bybel, moet hulle dit ernstig bedoel.