Matthew 23:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee julle, blinde leiers, wat sê: Elkeen wat by die tempel sweer, dit is niks; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is 'n skuldenaar!
Afrikaans (NLV) 2011 “Ellende wag vir julle, julle blinde gidse wat beweer: ‘As iemand by die heiligdom sweer, het dit geen bindende krag nie, maar as hy by die goud van die tempel sweer, dan is dit bindend.’
Afrikaans 1933/1953 Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel -- dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
Afrikaans 1983 “Ellende wag vir julle, julle wat ander wil lei en self blind is. Julle sê: ‘As iemand by die tempel 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die goud van die tempel 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wee julle, blinde leiers! Julle sê, ‘Wie by die heiligdom van die •tempel sweer – dit beteken niks nie; maar wie sweer by die goud van die heiligdom, is gebonde.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit sal sleg gaan met julle, julle is soos blinde mense wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Julle sê: ‘As iemand iets belowe en hy sê die tempel is die getuie, dan maak dit nie saak as hy nie doen wat hy belowe het nie. Maar as iemand iets belowe en hy sê die goud van die tempel is die getuie, dan moet hy doen wat hy belowe het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ja-nee, julle is in die moeilikheid by God. Julle vertel vir almal dat julle net die mense is om hulle geestelik op die regte pad te lei.