Matthew 23:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle trek see en land om om een proseliet te maak, en wanneer hy gemaak is, maak julle hom twee keer meer die kind van die hel as julleself. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle trek rond oor see en land om één proseliet te werf en dan maak julle van hom iemand wat op pad is hel toe, twee maal erger as julleself. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self. |
| Afrikaans 1983 | “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle trek oor see en land rond om een bekeerling te maak, en as hy dit word, maak julle hom twee maal so ryp vir die hel as wat julle self is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle deurkruis land en see om 'n enkele proseliet te werf, en wanneer dit gebeur, maak julle hom 'n kind van Gehenna, dubbel so erg as julleself. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle is skynheilige mense. Julle gaan oral oor die see en in al die lande om een mens te leer om God te aanbid soos julle dit doen. En wanneer iemand soos julle geword het, dan maak julle hom twee maal slegter as julleself en dan gaan hy hel toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sê weer, julle kan maar begin bewe! Julle ry halfpad om die wêreld om een persoon te oortuig dat hy die Joodse godsdiens moet aanneem. En as hy dit doen, wat maak julle dan? Dan maak julle hom soos wat julle self is. En daarmee help julle die arme man die afgrond in, reguit die hel in. |