Matthew 23:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle sluit die koninkryk van die hemele toe vir die mense; want julle gaan self nie in nie en laat die wat ingaan nie toe om in te gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle blokkeer die koninkryk van God vir die mense. Julle gaan self nie daar in nie en boonop verhinder julle dié wat wel probeer ingaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel wil ingaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wee julle, skrifkenners en •Fariseërs, skynheiliges! Want julle sluit die mense uit die •koninkryk van die hemele uit. Self gaan julle nie in nie, en boonop laat julle die mense wat probeer ingaan, nie toe om in te gaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle wat skynheilige mense is. Dit sal sleg gaan met julle, want julle keer mense sodat hulle nie kan ingaan na God nie, God die Koning wat in die hemel is. Julle gaan self nie in nie en julle laat nie die mense ingaan wat wil ingaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Luister, Fariseërs, godsdienstige leiers, julle wat mense so mislei, julle kan maar uit vrees vir God begin bewe. Julle beroof die mense van die kans om naby God te wees en Hom te dien. Julle self weet nie hoe dit voel nie en daarom gun julle dit ook vir niemand anders nie. |