Matthew 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat homself verhoog, sal verneder word; en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat vir hulleself eer soek — God sal hulle verneder. Maar dié wat hulle geringheid voor God besef — God sal hulle hoog vereer.”
Afrikaans 1933/1953 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Afrikaans 1983 Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie homself verhef, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhef word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand dink hy is belangrik, dan sal God hom onbelangrik maak. En as iemand dink hy is onbelangrik, dan sal God hom belangrik maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit beteken dat God die een wat gedurig die belangrikste wil wees en oor ander baas wil speel, heel agter in die ry sal laat staan. Die een wat egter ander dien sonder om gedurig te wonder hoe belangrik dit alles hom gaan maak, sal van God self die ereplek voor in die ry kry.”