Matthew 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat julle ook nie meesters genoem word nie, want een is julle Meester, naamlik Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 En julle moet julleself nie as ‘leier’ laat aanspreek nie, want julle het net een Leier: die Messias self.
Afrikaans 1933/1953 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.
Afrikaans 1983 Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet julle ook nie as leraars laat aanspreek nie, omdat net Een julle Leraar is, naamlik die •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie dat mense vir julle ‘ leermeester’ noem nie, want net die Christus is julle Leermeester.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Oppas daarvoor dat mense na julle begin opsien as ‘supergelowiges’ omdat julle meer weet of meer ervare as hulle in die godsdienstige dinge is. Daar is net Een na wie opgesien mag word, en dit is Christus.