Matthew 22:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die koning dit hoor, was hy kwaad; en hy het sy leërs uitgestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarop het die koning woedend geword. Hy het sy weermag gestuur en daardie moordenaars doodgemaak en hulle stad afgebrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het kwaad geword en sy leër gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad aan die brand te steek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het kwaad geword; hy het sy soldate gestuur, daardie moordenaars om die lewe gebring en hulle stad afgebrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het toe kwaad geword, en hy het sy soldate gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad te verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning was briesend! Hy stuur daarop sy soldate om die spul ongemanierde moordenaars te gaan soek en dood te maak. Sy soldate het dit gedoen en alles wat aan hierdie mense behoort het tot op die grond afgebrand. |