Matthew 22:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En niemand was in staat om hom 'n woord te antwoord nie, en ook het niemand van daardie dag af nog meer vrae aan hom gedwing nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand kon Hom hierop antwoord nie. En daarna het niemand dit meer gewaag om nog verdere strikvrae aan Hom te stel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie. |
| Afrikaans 1983 | Niemand kon Hom daarop iets antwoord nie. Van dié dag af het niemand dit meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; en van daardie dag af het niemand ooit weer gewaag om Hom te ondervra nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand kon vir Jesus antwoord nie. Van daardie dag af wou niemand weer vir Jesus iets vra nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En daar staan die Fariseërs weer met ’n mond vol tande. Nie een het geweet wat om te sê nie. Hulle het van toe af maar besluit om Hom nie weer in die openbaar iets te vra nie. Net mooi elke keer as hulle Hom probeer vasvra het, het Hy ’n gek van hulle gemaak. |