Matthew 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weer het hy ander diensknegte uitgestuur en gesê: Sê vir die genooides: Kyk, ek het my maaltyd voorberei: my osse en my vetgemaakte diere is geslag, en alles is gereed; kom na die bruilof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop het hy weer ander slawe gestuur met die opdrag: ‘Sê vir die gaste: My feesmaal staan gereed. My beeste en vetmaakvee is klaar geslag. Alles is reg om te begin. Kom na die bruilof!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. |
| Afrikaans 1983 | Toe stuur hy weer ander slawe met die opdrag: ‘Sê vir die genooides: Die maaltyd is reg; my beeste en vetgemaakte vee is geslag, en alles is gereed. Kom na die bruilof toe.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog 'n keer het hy ander slawe gestuur, met die opdrag, ‘Sê vir die genooides: Kyk, ek het my feesmaal gereedgemaak. My beeste en die vetgemaakte vee is geslag, en alles is gereed – kom na die bruilofsfees!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het ander slawe gestuur en vir hulle gesê: ‘Sê vir die mense wat ek genooi het: Alles is nou gereed vir my fees-ete. Ek het beeste en vet kalwers laat slag, en alles is gereed. Kom na die fees-ete.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning laat weet die genooides toe weer: ‘Kom, die tafels is gelaai met die heerlikste kos. Alles is reg. Laat die fees begin!’ |