Matthew 22:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy dienaars uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die fees gereed was, het hy sy slawe uitgestuur om die gaste te laat weet dat dit tyd was om te kom, maar hulle wou nie kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy slawe uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, maar hulle wou nie kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het toe sy slawe gestuur om dié wat na die bruilofsfees genooi is, te roep, maar hulle wou nie kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het mense na die troue genooi, en hy het sy slawe gestuur om die mense te gaan roep om te kom. Maar die mense wou nie kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het baie mense uitgenooi. Omdat daar baie voorbereidings was en die fees sommer ’n paar dae sou aanhou, het die koning gesê hy sal die mense kom roep sodra alles gereed is. Dan hoef hulle nie daar te kom sit en wag terwyl alles nog voorberei word nie. Toe alles mooi reg was, stuur die koning van sy helpers om die gaste te gaan haal. Snaaks genoeg wou die genooides toe nie meer kom nie. |