Matthew 22:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was sewe broers by ons; en die eerste, nadat hy 'n vrou getrou het, het gesterf, en het sy vrou aan sy broer oorgelaat, omdat hy geen uitvloeisel gehad het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou was daar by ons sewe broers. Die oudste een het getrou en omdat hy kinderloos gesterf het, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat. |
| Afrikaans 1983 | Nou was daar by ons sewe broers. Die oudste het getrou en gesterwe. Omdat daar nie kinders was nie, het sy broer met die weduwee getrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By ons was daar sewe broers. Die eerste het getrou en gesterf, en sy vrou vir sy broer agtergelaat, omdat hy nie self 'n nageslag gehad het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar was sewe broers hier by ons. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf, maar hy het nie kinders gehad nie. Daarom het die tweede broer met die oudste broer se weduwee getrou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê nou daar is ’n familie met sewe seuns. Die eerste seun trou, maar gaan dood voor hy ’n kind kon hê. Volgens Moses se wet moet die weduwee met die tweede seun trou. |