Matthew 22:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sê vir hom: Die keiser s'n. Toe sê Hy vir hulle: Gee dan aan die keiser wat die keiser toekom; en aan God die dinge wat God toekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wel,” sê Hy toe, “gee dan aan die keiser wat hom toekom. Maar gee ook aan God alles wat Hóm toekom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle antwoord Hom: Die keiser s'n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. |
| Afrikaans 1983 | “Die keiser s'n,” antwoord hulle. Jesus sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle sê vir Hom: “Die keiser s'n.” Daarop sê Hy vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat hom toekom en aan God wat Hom toekom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet aan die keiser betaal wat aan die keiser behoort, en julle moet ook aan God betaal wat aan God behoort.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die keiser s’n,” antwoord hulle vinnig. “As die geld met die keiser se beeld daarop die keiser s’n is, gee dit vir hom. “Maar onthou, julle is volgens God se ‘beeld’ gemaak. Julle behoort aan Hom en daarom moet julle seker maak dat julle julleself aan God gee.” |