Matthew 22:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hulle dissipels saam met die Herodiane na Hom uitgestuur en gesê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer, en dat U vir niemand omgee nie, want U ag die persoon van mense nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle stuur toe ’n paar van hulle volgelinge saam met ondersteuners van Herodes wat vir Jesus vra: “Leermeester, ons weet hoe eerlik u is. Sonder om doekies om te draai leer u die mense wat God van ons verwag. U ontsien niemand nie, want u laat u nie beïnvloed deur mense se belangrikheid nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie -- |
| Afrikaans 1983 | Hulle stuur toe van hulle volgelinge saam met 'n aantal Herodiane om vir Hom te sê: “Meneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek en getrou aan die waarheid die wil van God bekend maak sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle stuur toe hulle dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: “Meester, ons weet dat u opreg is en God se weg waarheidsgetrou leer en u aan niemand steur nie, want u neem nie die aansien van persone in aanmerking nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle stuur toe hulle leerlinge saam met Herodiane na Jesus toe om vir Hom te sê: “Meneer, ons weet jy praat altyd die waarheid. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en alles wat jy vir hulle leer, is waar. Jy is nie bang vir wat die mense van jou sê nie. Jy kyk nie wie mense is nie, jy doen dieselfde aan almal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het hulle ondersteuners van Herodes, die koning van die gebied, saamgevat toe hulle met Jesus gaan praat het. Toe hulle by Jesus kom, stel hulle hulle plan in werking. Hulle het met die heuningkwas begin: “Meneer, jy is ’n goeie onderwyser. Ons het jou leer ken as iemand wat net die waarheid praat. Jy loop God se pad reguit en leer die mense om dit ook te doen. Ons sien jy soek nie gewildheid nie, maar net die waarheid. Wat mense oor jou sê of dink, pla jou nie.” |