Matthew 22:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir die dienaars: Bind hom hande en voete en neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Toe sê die koning vir sy slawe: ‘Bind hierdie vent stewig vas en smyt hom uit in die donker daar buite waar daar bitterlik gehuil en van selfverwyt op die tande gekners sal word.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en sy voete vas en gooi hom uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die koning vir die dienaars, ‘Bind sy voete en hande vas en gooi hom uit in die duisternis daarbuite.’ Daar sal 'n geween en 'n gekners van tande wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die koning vir sy slawe: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom in die donker plek. Daar sal die mense huil en hard op hulle tande byt van die pyn.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning sê toe vir sy helpers: ‘Gooi hierdie man hier uit! Raak daar buite in die donker van hom ontslae. In die hel sal hy voel wat dit beteken om van pyn op jou tande te kners.’ |