Matthew 22:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed? En hy was sprakeloos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop sê hy vir die persoon: ‘My vriend, hoe het jy dan sonder die regte klere hier ingekom?’ Maar hy kon geen verskoning aanbied nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. |
| Afrikaans 1983 | en hy sê vir hom: ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder bruilofsklere aan?’ Maar die man kon niks antwoord nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hy vra hom, ‘Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed?’ Maar die man het geswyg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir hom gesê: ‘My vriend, hoe het jy hier ingekom? Jy dra nie die regte klere vir 'n fees nie.’ Maar die man kon nie sê hoekom hy nie die regte klere aangetrek het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning vra hom toe: ‘Ou maat, wat soek jy hier? Jy het seker gedink jy kan skelm hier inkom, want as jy saam met my helpers hiernatoe gekom het, sou hulle vir jou ook mooi klere gegee het. Toe hulle jou daar buite uitgenooi het, het jy natuurlik gemaak of jy jou nie aan hulle steur nie, nie waar nie?’ Die man was vas; hy het nie geweet wat om te sê nie. |