Matthew 22:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koning inkom om die gaste te sien, sien hy daar 'n man wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die koning egter die saal binnekom om die gaste te ontmoet, merk hy iemand op wat sonder bruilofsklere opgedaag het.
Afrikaans 1933/1953 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.
Afrikaans 1983 “Toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar 'n man wat nie bruilofsklere aanhet nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die koning ingaan om die gaste te sien, sien hy daar 'n man sonder 'n bruilofskleed aan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die koning in die saal ingaan om die mense te groet, sien hy daar is iemand wat nie fees-klere aan het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die koning die saal inkom, val sy oog egter op iemand wat nie sulke feesklere aanhet nie. Die man wou natuurlik daar buite nie erken dat hy die uitnodiging nie wou aanneem en vriende met die koning wou wees nie. Tog het hy skelm by die fees ingeglip.