Matthew 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daardie dienaars het toe uitgegaan op die grootpaaie en almal bymekaargemaak wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilof was toegerus met gaste.
Afrikaans (NLV) 2011 “Toe het daardie slawe op die strate uitgegaan en elkeen saamgebring wat hulle kon kry, slegtes sowel as goeies. So het die bruilofsaal vol gaste geword.
Afrikaans 1933/1953 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
Afrikaans 1983 Toe het daardie slawe uitgegaan op die strate en almal wat hulle gekry het, bymekaargemaak, slegtes sowel as goeies. So het die feessaal vol gaste geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het daardie slawe uitgegaan na die paaie en almal bymekaargemaak wat hulle teëgekom het, slegtes sowel as goeies. En die bruilofsaal het vol gaste geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slawe het toe uitgegaan op die paaie en hulle het almal bymekaargemaak wat hulle gesien het, slegte mense en goeie mense. Die saal vir die fees-ete het vol geword van die mense wat kom eet het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die helpers is daar weg en het almal voor die voet genooi. Die feessaal het begin vol loop. Die fees kon begin. “Die slawe het ook vir elkeen wat fees toe gekom het mooi klere gegee om aan te trek. Dit het gewys dat hulle nou gaste van die koning is.