Matthew 21:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die skare wat voor en wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste.
Afrikaans (NLV) 2011 Met Jesus in die middel van die optog het die skare uitgeroep: “Prys God vir die Seun van Dawid! Geseënd is die Een wat kom in die Here se Naam! Prys God in die hoogste hemel!”
Afrikaans 1933/1953 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!
Afrikaans 1983 Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die skare wat voor Hom uit geloop en dié wat gevolg het, het uitgeroep: “Hosanna vir die •Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die groot klomp mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “Prys die Seun van Dawid! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen! Prys God in die hoogste hemel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Hom soos ’n koning verwelkom en hard uitgeroep: “Hoera vir die Seun van Dawid! Prys Hom wat op gesag van die Here self kom. Laat die hemel van ons vrolike hoera’s weergalm!”